Local newsNewsNews

Kleuterskool sluit deure na 26 jaar

Mislukte transaksie kelder skool.

VANDERBIJLPARK – Na 26 jaar se bloedsweet, vreugde en trane sluit Kiddies Paradise finaal sy deure. Woorde is maar min en die trane lê vlak wanneer Sonet en Danie du Plessis oor die groot hartseer gebeurtenis in hul lewens praat.

Die hartseer in hul oë is stille getuienis van hulle pyn en lyding. “Ons is nie opsoek na wraak nie. Ons wil net hê die gemeenskap moet die waarheid weet.

Daar is baie stories wat die rondte doen,” gee ‘n bewoë Sonet te kenne. Die kleuterskool in Ramsbottomstraat was meer as ‘n naskool en kleuterskool, dit was oor die jare heen ‘n tuiste en heenkome vir honderde kinders.

‘n Huis weg van die huis. Dit was die Du Plessis se Alfa en Omega. Die egpaar se nagmerrie het twee jaar gelede begin toe hulle die kleuterskool aan twee bekende sakemanne verkoop het.

Volgens die Du Plessis het hulle ‘n koopkontrak met die betrokke partye gesluit wat bepaal het dat die kleuterskool binne twee jaar afbetaal sou word. Dit het nie gebeur nie.

Kissies Paradise se deur isgesluit na ‘n mislukte saketransaksie.

Hulle is inteendeel met ‘n reuse munisipale rekening van digby die R150 000 opgesaal. “Hulle het kontrakbreuk gepleeg en niks van hulle verpligtinge nagekom nie.

Wanneer die krag by die kleuterskool afgesit is, het hulle gekonkel om die krag aan te kry.

Die kragbokse buite is deur hulle laat oorbrug.” Volgens die Du Plessis was hulle plan om meer tyd saam te spandeer aangesien Danie twee jaar gelede met sy gesondheid begin stoei het.

“Ek en Danie het altyd alles self by die kleuterskool gedoen. Ons het alles self herstel en instand gehou,” vertel Sonet. Volgens haar moet die egpaar nou ‘n lening op hulle huis uitneem om die munisipale skuld te vereffen.

“Ons kan nie die eiendom verkoop as daar uitstaande skuld is nie. Hierdie was veronderstel om vir ons aftrede te wees. Ons kan nie nou weer oor begin nie,” vertel sy.

“Ons weet nie watter kant toe nie. Ons plaas nou al ons vertroue in die Here.” Volgens Sonet is daar darem vooruitsigte, maar slegs tyd sal leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button