Local newsNewsNews

Massiewe brandstofverhoging wink vir Suid-Afrikaners

Motoriste moet hulle staal vir ’n reuse-skok by die vulstasie op 1 April.

Voorlopige data dui daarop dat petrolpryse met meer as R2 per liter kan styg, terwyl dieselgebruikers selfs swaarder getref gaan word.

Waarom styg die pryse?


Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds (SEF) word die verwagte styging gedryf deur:

Geopolitieke spanning: Toenemende onrus in die Midde-Ooste wat wêreldwye oliepryse opjaag.

Wisselkoersdruk: Die rand se vertoning teenoor die Amerikaanse dollar beïnvloed die daaglikse berekening van die basiese brandstofprys.

Verwagte aanpassings

Hoewel die amptelike pryse eers later deur die regering bekragtig word, skets die huidige onderverhalings ’n donker prentjie:

Volgens die jongste voorspelling wat bekend gemaak is, kan 95-oktaan petrol met sowat R2.41 per liter styg, terwyl 93-oktaan petrol na verwagting met ongeveer R2.28 per liter sal toeneem.

Diesel kan selfs harder getref word, met moontlike verhogings van tussen R4.40 en R4.50 per liter.

Wanneer tree dit in werking?

Soos gebruiklik word brandstofpryse op die eerste Woensdag van die maand aangepas. Vir April beteken dit dat die nuwe tariewe om 00:01 op Woensdag, 1 April in werking tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button