Local newsNewsNews

Onwettige sigarette ter waarde van R455 000 in Vanderbijl gevind

’n Multidissiplinêre wetstoepassingsoperasie het gelei tot die suksesvolle arrestasie van ’n verdagte wat in besit van onwettige sigarette ter waarde van sowat R455 000 was.

VANDERBIJLPARK – Lede van die Gautengse Provinsiale Misdaadintelligensie het op Vrydag, 6 Maart inligting van die Gautengse Provinsiale Misdaadintelligensie ontvang rakende ’n vragmotor wat vermoedelik onwettige sigarette op die R57-pad tussen Gauteng en die Vrystaat vervoer.

Die inligting is onmiddellik deur wetstoepassingspanne opgevolg.

Die verdagte vragmotor, met Gautengse registrasienommer, is later by ’n kleinhoewe in Vanderbijlpark opgespoor.

Die voertuig is deursoek en daar is ’n groot hoeveelheid onwettige sigarette ontdek met ’n beraamde straatwaarde van sowat R455 000.

‘n Man (33) is op die toneel in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette. Hy sal na verwagting vandag, 9 Maart in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Eenhede betrokke by die operasie:
Fezile Dabi Trio-taakspan
Sedibeng-opsporingspan
Gautengse Provinsiale Misdaadintelligensie
Gautengse Verkeerspolisie

Die vragmotor wat deursoek is.
Die onwettige sigarette wat binne in die vragmotor gevind is.
‘n Stoorkamer op die kleinhoewe vol onwettige sigarette.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button