Local newsNewsNews

Taxi-bestuurder glo vol berou, sukkel in gevangenis

Die saak teen die minibustaxi-bestuurder wat verantwoording moet doen vir die 14 leerlinge wie tydens die noodlottige ongeluk gesterf het, het onlangs weer voor die hof verskryn.

VANDERBIJLPARK – Die prokureur van die 22-jarige taxi-bestuurder in die grusame botsing wat 14 leerlinge se lewens geëis het, sê sy kliënt is diep spyt oor wat gebeur het.

Ayanda Dludla staan tereg op 14 aanklagte van moord en poging tot moord na sy minibustaxi op 19 Januarie tydens ‘n verbysteekpoging kop-aan-kop met ‘n vragmotor gebots het.

Dludla se prokureur, advokaat Reward Nxumalo, het aan die media gesê dat sy kliënt sukkel om in die Vereeniging-gevangenis aan te pas.

Hy huil glo tussen die sessies deur. Nxumalo het bygevoeg dat hulle psigiatriese waarneming en berading oorweeg terwyl hy agter tralies is.

Geregtigheid bo berou

 

Vir die gesinne van die oorledenes sal berou alleen egter nie berusting bring nie, hulle soek geregtigheid.

Dludla staan ook tereg op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur sonder die geldige permit om leerlinge te vervoer.

Die saak is uitgestel na 22 April sodat die Direkteur van Openbare Vervolgings kan besluit oor die aanklagte, en in watter hof die saak uiteindelik verhoor sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button