Local newsNewsNews

‘Gauteng-regering sal moet leer om meer met minder te doen’

Noudat die begroting vir 2026/27 bekend is, sal verdere navorsing gedoen word om oneffektiewe uitgawes te identifiseer wat geoormerk kan word vir meer kritieke kwessies.

Adv. Anton Alberts (VF Plus-LPW: Gauteng) het vanoggend in ‘n mediaverklaring gesê dat die Gauteng-regering sal moet leer om meer met minder te doen.

Dit was die VF Plus se reaksie oor die Gautengse begroting vir die 2026/27-finansiële jaar wat Dinsdag by die Gautengse wetgewer ingedien is.

“Alhoewel die begroting met R3,6 miljard teenoor die vorige jaar gegroei het, is die verhoging nie genoegsaam om al die kwessies in die provinsie aan te spreek nie. Dit beteken dat die Gauteng-regering verdere interne besparing moet bewerkstellig,” voer Alberts aan.

“Die VF Plus het juis in ’n verslag wat onlangs voorgelê is aan die LUR vir finansies, Lebogang Maile,  aangedui dat indien verskeie onreëlmatige optredes wat in die 2024/25-finansiële jaar plaasgevind het voorkom kan word in die nuwe finansiële jaar, daar ’n besparing van by die R3 miljard sal  realiseer.

“Dit is veral onreëlmatige uitgawes in die departemente van gesondheid, behuising, maatskaplike ontwikkeling en infrastruktuur-ontwikkeling wat geteiken moet word.

Hy het verder verduidelik dat net in die departement van behuising alleen is R520 miljoen verspil op lewensvatbaarheidstudies vir behuisingsprojekte wat eenvoudig gekanselleer is.

Die ouditeur-generaal het glo verder bevind dat die departement van onderwys R1,5 miljard verspil het weens onreëlmatige uitgawes.

“Die verslag dui ook aan dat indien die departemente van gesondheid en infrastruktuur-ontwikkeling net ‘n 1% besparing sou verkry deur meer effektiewe aankope van hoëwaarde-items, sal dit realiseer in ’n bykomende R182 miljoen wat beskikbaar gemaak word om ander gate toe te stop,” sê Alberts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button