NewsNews

Plaaslike VLU verower vele trofees

Welgedaan aan die dames van die VLU Alpha Tak met jul goeie prestasies.

VANDERBIJLPARK – Die VLU Alpha Tak het einde Februarie die jaarlikse konferensie in Steynsrus bygewoon. Rina de Klerk het laat weet dit was ʼn wonderlike dag met baie goeie sprekers en eetgoed.

Die hoogtepunt vir Alpha Tak was egter die prysuitdeling. Hulle het vier trofees verower. Judy Cunningham het 90%  behaal vir haar tekenprent met ʼn balpunt pen. Judy kon ongelukkig nie die konferensie bywoon nie en Rina de KLerk het die trofee namens haar ontvang.

Myra Booysen, Tersia van der Walt en Ina van Rensburg het ook pryse ingeoes.

Annelise Fourie en Rina de Klerk by die VLU Alpha Tak se maandvergadering in Maart.

Kort na die konferensie was dit weer tyd vir die VLU se maandvergadering. Die keer was hul spreker Annelise Fourie wat hul kom touwys maak het in die kuns van Amigurumi hekelwerk.

Om by die VLU se Alpha Tak in te skakel, kontak gerus vir Rina by 083 307 3066.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button