Local newsNewsNews

Smile Gallery laat motoriste weer glimlag

Tandheelkunde praktyk stop meer as net tande.

VANDERBIJLPARK – Die paaie in SW5 verval in Vivaldi-, Brahms-, Carter- en Schumann-straat is propvol slaggate en bykans onbegaanbaar. Volgens inwoners is die probleem al herhaaldelik by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) aangemeld. Vilvaldi straat verspoel ook gereeld weens swak dreinering maar daar word niks hieraan gedoen nie.

Inwoners het al in die verlede ingespring om gate toe te stop, maar swaar reën en verkeer maak hulle hande werk elke keer ongedaan. Die Smile Gallery, ‘n tandeelkunde praktyk in SW5 het vandeesweek ingespring om slaggate in Vivaldi te herstel.

Die bekende sakeman en ontwikkelaar, Fanie de Jongh, wat self gereeld inspring om slaggate rondom sy sakebelange in Vanderbijlpark te herstel het die volgende op Facebook te sê gehad: Well done jy probeer darem, ander besighede sit net en kyk.”

Denise Foord van Rooyen het ook op Facebook reageer:  Dankie Dr Lorinda… jy is n voorbeeld vir ander besighede… proud of you

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button