NewsNews

Tony Knight se 70ste met Country fees gevier

Veels geluk aan Country sanger, Tony Knight met sy 70ste verjaarsdag.

VANDERBIJLPARK – Sy aanhangers het vroeg al opgedaag, al was die eerste sanger eers geskeduleer vir 20:00.

Die man van die aand, Tony Knight, het in styl in ʼn wit Limousine gearriveer. Die bestuurder het selfs ʼn rooi tapyt neergesit alvorens Tony en sy wederhelfte, Debbie uitgeklim het.

Buite het sy vriende en familie twee rye gevorm en hy het onder luide toejuiging die saal betree. Binne was daar nie plek vir ʼn muis nie.

Die afwagting was groot en die mense lus om lekker te kuier. Selfs voordat die verrigtinge begin het, was daar paartjies op die dansbaan wat op maat van die agtergrondmusiek geskoffel het.

Met Marius de Vos van ifm 102.2 as seremoniemeester het dinge vlot verloop en die een sanger na die ander het opgetree.

Almal ou vriende van Tony wat deur die jare ʼn pad saam met hom gestap het. Hy het ook van die kans gebruik gemaak om ʼn paar duette saam met van die sangers, onder andere Clive Bruce, te sing.

Tony het amptelik op 9 Maart sy verjaarsdag gevier, maar die groot opskop Saterdag het geen gelyke gehad nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button