NewsNews

Valie ‘n Mev. SA semi-finalis

Veels geluk en sterkte aan Brigitte van Rooyen

VANDERBIJLPARK – Brigitte van Rooyen is een van meer as 100 dames wat einde Januarie as ‘n semi-finalis in die gesogte Mrs South Africa-kompetisie aangewys is. Die kompetisie is nie ‘n gewone skoonheidskompetisie nie.

Dis ‘n hele program wat deelnemers bemagtig en hulle help om hul leiereienskappe te ontwikkel. Brigitte sê die kompetisie het haar heeltemal uit haar gemaksone gehaal en alreeds meer selfvertroue gegee.

Die semi-finaliste word verplig om elke week seminare by te woon, op sosiale media te kommunikeer en om verskeie geleenthede by te woon. “By die seminare het ons al meer oor openbare redevoering en media betrekkinge geleer.

“Ons het ook al almal bymekaargekom om mekaar en die borge te ontmoet,” vertel sy. Tydens die geleentheid is hulle toegespreek deur Mev. Wêreld 2024 en die huidige Mev. Suid-Afrika.

Brigitte was in Laerskool Drie Riviere en het haar hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Drie Riviere voltooi. Sy is getroud met twee kinders.

Haar dogter, Delyn (16) is ‘n ou hand met skoonheidskompetisies en sy is die een wat haar ma aangespoor het om in te skryf.  Brigitte se seun, Aden (12) stel meer belang in rugby en krieket, maar hy is baie trots op sy ma.

Totdat die 30 finaliste in Julie by ‘n glansgeleentheid aangekondig word, het mense die kans om vir Brigitte te stem. Stuur ‘n SMS na 47587 met die woorde, Brigitte van Rooyen. Dis R3 per SMS. Mense kan ook haar foto gaan like op Mrs South Africa se Instagram of Facebookblaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button