Local newsNewsNews

Vooruitgang in die Vaal: Sê hallo vir Sibi die Sweeper

Die twee nuwe projekte is ’n kragtige voorbeeld van hoe vennootskappe positiewe verandering binne plaaslike gemeenskappe kan teweegbring.

VEREENIGING – Dit was die afgelope Woensdag nie maar net nog ‘n Woensdag in die Vaal nie. Dit was ‘n groot tree in die regte rigting om veiligheid in Sedibeng te bevorder en vir die eerste keer spog die stad met ‘n futuristiese-padveër genaamd Sibi.

Die bekendstelling van ’n nuwe gemeenskapsinisiatief tussen Eskom se Lethabo-kragstasie en die Vaal Business Cooperation (VBC) het ’n belangrike mylpaal vir veiligheid en omgewingsorg in die Vaal-streek verteenwoordig.

Die geleentheid het by die Riviera Hotel in Vereeniging plaasgevind, waar gemeenskapsleiers, plaaslike besighede en wetstoepassers vergader het om die amptelike onthulling van die vennootskap by te woon.

Deur die Eskom Ontwikkelingstigting het Eskom Lethabo-kragstasie R5,2m geskenk om projekte te ondersteun wat daarop gemik is om ’n veiliger en skoner omgewing vir inwoners in die Vaal te skep.

Die befondsing vorm deel van Eskom se breër verbintenis tot gemeenskapsontwikkeling en volhoubare vennootskappe met plaaslike belanghebbendes.

Belangrike projekte

Projek Open Eyes is in volle werking. Foto: Verskaf

 

Projek Open Eyes:

’n Gemeenskapsveiligheidsprojek wat ontwerp is om misdaadvoorkomingspogings in die streek te versterk. As deel van die program is 15 outomatiese nommerplaat-herkenningskameras (ANPR) aangekoop en strategies in verskeie Vaal-gemeenskappe geïnstalleer.

Hierdie kameras sal wetstoepassingsagentskappe help deur die monitering van voertuie te verbeter en misdaad te help bekamp.

Emfuleni burgemeester Sipho Radebe saam met Karabo Rakgolela (Bestuurder: Eskom) by Sibi. Foto: Elsje Vermeulen
Karabo Rakgolela (Bestuurder: Eskom) het Sibi van binne en buite bekyk. Foto: Elsje Vermeulen

Sibi the Sweeper:

Benewens die bevordering van veiligheid, fokus die vennootskap ook op die netheid van plaaslike woonbuurte. ’n Straatveër-masjien, wat liefdevol “Sibi the Sweeper” gedoop is, is geskenk om die Vereeniging-gemeenskap te help om strate en openbare ruimtes skoon te hou.

Samewerking vir verandering

Die inisiatief het sterk steun ontvang van die SAPD, die plaaslike munisipaliteit en verskeie besighede regoor die Vaal, wat die samewerkende gees agter die projek beklemtoon.

Die bekendstellingsgeleentheid is afgesluit met ’n simboliese lintknipseremonie onder leiding van die burgemeester en die algemene bestuurder van Eskom se Lethabo-kragstasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button