Local newsNewsNews

ELM se R16 miljoen vloot-skandaal

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) het die sluier gelig op ’n skandaal van R16 miljoen se onreëlmatige besteding wat met sy vlootafdeling verband hou.

VANDERBIJLPARK – ‘n Forensiese ondersoek na die 2023/2024-finansiële jaar het verskeie ernstige kwessies uitgewys.

Die DA gaan kriminele klagte lê teen amptenare en ‘n diensverskaffer ná die bevindings van ‘n forensiese ondersoek na onreëlmatige verkryging binne die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) se vlootafdeling.

Die party se burgemeesterskandidaat, Kingsol Chabalala, het gesê dat verslae aan die lig gebring het dat miljoene rande van belastingbetalers se geld vermors is nadat dit betaal is aan ‘n verskaffer wat nooit gelewer het nie.

“Dit is toegelaat deur amptenare wat na bewering valslik gesertifiseer het dat aflewering plaasgevind het en gevestigde Voorsieningskanaalbestuur-prosedures omseil het deur onbehoorlik teen protokol op te tree. Dit is ‘n blote misbruik van openbare fondse en nog ‘n verraad van vertroue.”

Volgens die ondersoek is meer as R16 miljoen bestee aan vragmotors, padskrapers en bakkies wat óf nie gelewer is nie, óf deur twyfelagtige metodes verkry is.

Die verslag impliseer verder dat hierdie senior amptenare fakture geteken het wat aflewering bevestig, terwyl hulle deeglik bewus was dat die voertuie nie ontvang is nie.

Chabalala het gesê dat openbare geld, wat vir dienslewering gebruik moes word, na bewering misbruik is in moontlike samespanning tussen munisipale amptenare en verskaffers vir hul eie selfsugtige belange.

ELM se reaksie

Die ELM-woordvoerder, Makhosonke Sangweni, het bevestig dat die munisipaliteit van voorneme is om streng op te tree teen diegene wat geïmpliseer word.

Volgens Sangweni het die ondersoekers ook onreëlmatighede gevind waarby werknemers en diensverskaffers betrokke is. Daar is aanbeveel dat die munisipaliteit voortgaan met kriminele ondersoeke, dissiplinêre stappe, die siviele verhaal van verliese, en die swartlys van betrokke maatskappye en hul direkteure.

“Ons glo vas dat die regstelsel in staat sal wees om sy verantwoordelikhede na te kom en aanspreeklikheid aan die mense van ELM te bied,” het Sangweni gesê.

Ten spyte van die ernstige bevindings, het Sangweni gesê die munisipaliteit sal op hierdie stadium nie verder kommentaar lewer oor die besonderhede van die saak nie.

ELM het die publiek versoek om geduldig te wees terwyl die regsproses ontvou, en het ‘n volledige opsomming van die bevindings beloof sodra die saak amptelik afgehandel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button