Local newsNewsNews

HS Overvaal weet hoe om ware boere te kweek

Die Hoërskool Overvaal se landbouleerders het onlangs ’n waardevolle praktiese geleentheid gehad om saam met ’n veearts te werk tydens die merk en inenting van beeste teen bek-en-klouseer.

VEREENIGING – “Hierdie praktiese blootstelling bied aan leerders eerstehandse ervaring van die werklikhede van die landboubedryf en dra by tot betekenisvolle leer buite die klaskamer.

“Sulke geleenthede help om vaardighede te ontwikkel, kennis te verdiep en ’n ware passie vir landbou te kweek,” sê ‘n woordvoerder van die skool.

Die skool het mnr. Frik Roets bedank wat hierdie geleentheid vir die leerders gereël het.

Duan Kapp sit hand by tydens die leersame uitstappie.
Mnr. Frik Roets en Dylan de Jager tydens die geleentheid. Foto’s: HS Overvaal
Ian Roelofs van HS Overvaal dien ‘n inspuiting toe.
Mnr. Fanie van Wyk het ook sy deel gedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button