VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark het onlangs as deel van die HelpHetta projek by verskeie skole in die dorp ‘n draai gemaak.
Dis almal skole wat aansoek gedoen het om deel te wees van die HelpHetta projek.
Die skole sluit in LS DF Malherbe, LS Eligwa, LS Kollegepark, LS Vaalrivier, HS Driehoek en
HS Die Anker
Die doel was om 524 sanitêre pakkies aan 131 dogters te verskaf.
Johann Viljoen van Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark vertel:
“Ons gaan elke kwartaal die hoeveelhede aan dieselfde dogters by dieselfde skole gee. Dus is dit ‘n volhoubare projek oor ‘n jaar.
“Die skole doen aansoek vir die behoeftige dogters via ‘n skakel wat ons verskaf en daarvolgens verskaf ons die verskillende items in die pakkies.
“Dit word ook baie diskreet hanteer waar ons nie weet wie die dogters is nie en die betrokke onderwysers sal dit versprei aan die dogters.”
Op hul Facebookblad het Helpende Hand geskryf:
