Local newsNewsNews

DBV in VDBP sluit sy deure

Finansiële druk raak te veel op Vereeniging-tak.

VANDERBIJLPARK – Vir meer as ‘n dekade het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Vanderbijlpark ‘n veilige hawe vir weerlose diere gebied.

Met ‘n swaar gemoed sluit hierdie tak nou sy deure. Die DBV het in 2014 op aandrang van die organisasie se nasionale raad die VDBP-tak oorgeneem nadat ernstige wanbestuur ontbloot is.

Die Vereeniging-tak het byna op eie houtjie die verantwoordelikheid en finansiële las oorgeneem om dierewelsyn in Vanderbijlpark aan die lewe te hou.

In 2015 is die twee takke amptelik saamgesmelt, maar vir ’n dekade lank het die geld en ondersteuning hoofsaaklik net uit een oord gekom.

Ten spyte van die voortgehoue dienslewering het die Vanderbijlpark-gemeenskap byna geen finansiële steun gebied om hul eie kantoor se bedryfskoste te dek nie.

Volgens die DBV in Vereeniging het die druk uiteindelik ondraaglik geword en met spesiale toestemming is besluit om die kantoor te sluit en die eiendom te verkoop. Maar wat nie sal stop nie, is die diens.

Die DBV verseker dat dierewelsyn in Vanderbijlpark steeds voortgaan, met inspekteurs wat vanuit Vereeniging ’n reuse gebied van Midvaal tot Emfuleni en verder tot in Sasolburg en Deneysville bedien.

Ten spyte van koste sal noodroepe en wreedheidsklagte steeds voorrang geniet. Die span is vasbeslote om in te gryp waar hulp nodig is, ongeag die logistieke uitdagings of uitgawes.

Die DBV rig ’n dringende versoek en beroep op inwoners om meer as ooit tevore betrokke te raak. Sonder finansiële steun, sê hulle, kan hul noodsaaklike werk eenvoudig nie voortgaan nie.

Elke skenking hou ’n voertuig op die pad, elke rand help om ’n beseerde dier te behandel, en elke daad van omgee gee ’n stem aan diere wat self nie kan praat nie. “Ons kan nie orals wees nie,” waarsku hulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button