NewsNews

Drie trofeë vir Riverside Rotary Anns

Veels geluk aan Riverside Rotary Anns met jul goeie prestasies.

VEREENIGING – Die Riverside Rotary Anns het onlangs die Rotary Anns Konferensie in Polokwane bygewoon. Die geleentheid word jaarliks gehou en word deur Anns van oor Suid-Afrika en Eswatini bygewoon.

Die Riverside Anns bestaan uit vyf aktiewe lede en drie erelede. Die vyf aktiewe lede het die tog na Polokwane saam aangepak. Omdat dit so ver is, het hulle besluit om dit ‘n naweek te maak en het eers Sondag teruggekeer.

Nie net het hulle die naweek en konferensie geniet nie, maar hulle het ook verskeie trofeë huis toe gebring.

Die eerste trofee was die Betty Cowden-trofee vir Best Attendance van ‘n klub. Die tweede is die Paddy Schoch-trofee vir Continuous Achievement. President Ina Labuschagne het die Dawn van der Bijl-trofee vir Communication ontvang.

Die Riverside Rotary Anns is bedrywig in die gemeenskap. Hul deel elke week kos en klere uit en dan het hulle ook hul Rotary Anns Charity Shop wat Woensdae, Donderdae en Vrydae oop is.

Besoek hulle gerus in die Roadri Centre in General Hertzogstraat. ‘n Boekverkoping vind elke tweede Saterdag van die maand by die Riverside Mall plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button