Local newsNewsNews

Vaal-dansers skitter op die ope see

Tien talentvolle dansers van die Just Dance Studio het die week Suid-Afrika se vlag hoog gehou tydens die DTMA Galaxy of the Oceans internasionale kompetisie.

VANDERBIJLPARK – Dié unieke geleentheid vind van 16 tot 20 Maart aan boord van die luukse MSC Opera-passasierskip plaas.

Ná ’n streng kwalifiseringsproses het hierdie dansers bewys dat hulle onder die land se mees belowende jong kunstenaars tel.

Hulle sal in beide solo- en groepkategorieë teen internasionale mededingers te staan kom.

Die span bestaan uit:

Mia Jansen van Nieuwenhuizen, Eloise Human, Denise Lubbe, Serena Nobre, Layla Wallace, Erin Mopp, Zoe van Tonder, Joche van Zyl, Zante Visser en Chloe Molyneaux.

Die droom om op ’n internasionale platform op te tree, is moontlik gemaak deur ondersteuning van die Gautengse Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Hierdie borgskap dek noodsaaklike uitgawes soos kompetisiefooie, verblyf, vervoer en kostuums, wat die finansiële druk op gesinne verlig.

Die dansers en hul families is dankbaar teenoor die departement om die unieke ervaring te kan geniet.

Dit is verstaanbaar dat Leandi Goosen, eienaar van Just Dance Studio, bars van trots oor haar studente.

“Ons dansers het ongelooflik hard gewerk om hierdie vlak te bereik. Ons is opreg dankbaar vir die departement se ondersteuning en die aanmoediging vanuit ons gemeenskap. By Just Dance Studio glo ons dat groot dinge moontlik is met geloof, dissipline en passie.”

Die studio, wat tans 60 studente tussen die ouderdomme van 3 en 25 jaar afrig, fokus op ’n wye reeks style insluitend Lyrical, Jazz en Kontemporêre dans.

Volgens Goosen gaan die afrigting oor meer as net tegniek; dit gaan oor karakterbou, selfvertroue en sterk waardes.

Die jong dansers van Just Dance Studio in Vanderbijlpark is voor van links: Zante Visser, Layla Wallace, Zoe van Tonder. Agter: Joche Visser, Chloe Molyneaux, Erin Mopp, Serena Nobre, Eloise Human, Mia Jansen van Nieuwenhuizen en Denise Lubbe. Foto: Verskaf/Just Dance Studio

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button