Local newsNewsNews

Klagte ingedien teen ELM oor ‘stemmanipulasie’

Die klagte is deur die VF Plus ingedien oor moontlike stemmanipulasie met die Emfuleni-aansuiweringsbegroting.

Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni het gesê dat die klagte opmunisipale en provinsiale vlak ingedien én ook ‘n strafregtelike klag by die polisie aanhangig gemaak is, ná ’n raadsvergadering op 17 Maart.

Daar word beweer dat stemme doelbewus deur ELM gemanipuleer is.

“Dié vergadering het oor die aansuiweringsbegroting gehandel, maar die amptelike stemuitslag stem nie ooreen met die werklike stemme wat uitgebring is nie.

“Daar was 83 raadslede teenwoordig. Van hulle het 42 ten gunste van die begroting gestem, 40 daarteen, en een raadslid het buite stemming gebly,” verduidelik Senekal.

Die Speaker, Sibongile Soxusa, het egter aangekondig dat 46 raadslede ten gunste en 37 teen die aansuiweringsbegroting gestem het.

Omdat ’n meerderheid van 46 stemme nodig was, het hierdie aankondiging die begroting laat slaag.

Die VF Plus meen dat die uitslag óf verkeerd getel óf doelbewus gemanipuleer is en dat die goedkeuring onwettig is.

“Ons het reeds ’n formele klag ingedien by die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) Jacob Mamabolo, oor die beweerde onreëlmatighede,” sê Senekal.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni. Foto: Elsje Vermeulen

Klag teen Speaker

’n Klag teen die Speaker is ook ingedien aangesien haar optrede volgens die VF Plus in stryd is met die Munisipale Strukturewet en die gedragskode vir raadslede.

Daarbenewens is ’n mosie in die raad ingedien om die begroting se goedkeuring te hersien en opsy te sit totdat die stemproses se korrektheid bewys is.

“Ons dring aan op ’n onafhanklike ondersoek na die Speaker se gedrag en die integriteit van die stemproses. Ons het ook versoek dat alle verslae, videomateriaal en notules van die vergadering beskikbaar gestel word vir ’n volledige verslag aan die raad,” sê Senekal.

Benewens hierdie stappe is ’n strafregtelike klag van bedrog by die polisie teen Speaker Soxusa aanhangig gemaak. Die DA het ’n soortgelyke klag ingedien.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button