Local newsNewsNews

Waar is die brandstof in SA dan?

‘n Lang lys van vulstasies wat reeds droog is, doen die rondte op sosiale media.

In ‘n mediaverklaring het die departement van minerale- en petroleumhulpbronne die versekering gegee dat voldoende brandstof in die land beskikbaar is, ten spyte van internasionale konflik.

Die vraag is dan: Waar is die brandstof?

Dr. Wynand Boshoff (VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Minerale- en petroleumhulpbronne) meen die departementele verduideliking maak sin:

Bestellings wat voor die huidige oorlog in Iran gemaak is, moet Suid-Afrika nog tot vroeg in April bereik.

Ongeag die oorlog, kan daar tans nog nie binnelandse tekorte wees nie. Tog vind onafhanklike brandstofhandelaars en agente van multinasionale maatskappye dit moeilik om voldoende voorraad te bekom.

Een moontlike verklaring is dat voorraad teruggehou word tot die volgende maand se brandstofprys in werking tree.

Die onderverhaling van petrol is tans rondom R4 per liter en van diesel ongeveer R7. Dit beteken dat potensieel groot wins uit die terughou van voorraad te maak is.

“Brandstoftekorte, ongeag of dit werklik of kunsmatig geskep is, kan geweldige skade aan die ekonomie aanrig. Dit kan tot prysverhogings lei wat gewone verbruikers nie kan bybring nie en selfs voedseltekorte in kwesbare gemeenskappe,” sê Boshoff.

“Die somersaaigebiede nader tans oestyd. Graan wat op die lande bly staan, sal rampspoedig wees. Trouens, die hele Suid-Afrikaanse ekonomie is van vloeibare brandstof afhanklik.”

Volgens Boshoof produseer Sasol tans sowat 30% daarvan binnelands, die res word ingevoer.

Dit maak Suid-Afrika uiters kwesbaar tydens internasionale konflikte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button