NewsNews

Earth Hour: Doen Saterdag jou deel

Dink jy een uur is te min om ’n verskil aan die planeet te maak? Dink weer.

Wat in 2007 in Sydney, Australië, as ’n eenvoudige oomblik begin het, waar ligte vir een uur afgeskakel is, het oor die afgelope 19 jaar ontpop as die wêreld se grootste beweging vir die omgewing deur Jan Alleman.

Die impak is enorm: In 2025 alleen het deelnemers uit 118 lande meer as drie miljoen ure aan die planeet toegewy. Hierdie Saterdag, 28 Maart om 20:30, verenig Suid-Afrika weer met die res van die wêreld vir “The Biggest Hour for Earth”.

Pedzi Gozo, hoof van Strategiese Kommunikasie by WWF Suid-Afrika, moedig elke burger aan om betrokke te raak.

“Die uitgangspunt van Earth Hour was nog altyd eenvoudig: daag op, skenk ’n uur van jou tyd, en wees deel van iets groter as jouself.”

Spandeer tyd in die natuur. Sanet Reynecke van Vanderbijlpark het onlangs die pragtige oomblik vasgevang onderweg na Deneysville.

5 Maniere hoe jy jou uur kan laat tel:

* Verken die natuur: Spandeer tyd in die buitelug, hetsy alleen of saam met vriende, om weer waardering vir ons natuurskoon te kry.

* Eet met deernis: Berei ’n planeetvriendelike maaltyd voor of ondersteun ’n restaurant wat volhoubaarheid prioritiseer.

* Spring aan die werk: Reël ’n skoonmaakaksie in jou woonbuurt of langs ’n plaaslike rivier.

* Verminder jou voetspoor: Fokus vir die uur (en daarna) op maniere om afval by die huis of kantoor drasties te verminder.

* Kry nuwe inspirasie: Kyk na ’n treffende natuurdokumentêr wat jou perspektief verbreed.

Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin

Daar is talle geleenthede regoor die land om die gees van Earth Hour te vier.

In Johannesburg bied die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin hierdie Saterdag ’n spesiale geleentheid aan. Daar is nog ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button