NewsNews

En die Bruid van die Jaar is …

Die 2025-kompetisie het stawwe mededinging opgelewer met altesaam 130 pragtige inskrywings.

VANDERBIJLPARK – Vaalweekblad kondig met trots aan dat die pragtige donkerkop, Amoré de Kock, aangewys is as die wenner van die gesogte 2025 Bruid van die Jaar-kompetisie.

Amoré en haar man, JP de Kock van Vanderbijlpark, het op 15 Maart 2025 by die idilliese Goedheid Inni Skuur in Deneysville ewige trou aan mekaar beloof.

Amoré het egter vinnig haar plek in die Top 10 losgeslaan, waarna die finale besluit in die publiek se hande gelaat is.

Amoré de Kock, Vaalweekblad se 2025 Bruide van die Jaar, saam met manlief JP op hul troudag.

Tydens die stemproses, wat van 10 tot 23 Maart geduur het, het die gemeenskap behoorlik hul ondersteuning gewys.

Van die rekordgetal van 4 555 stemme wat ontvang is, het Amoré ’n indrukwekkende totaal van meer as 2 000 stemme op haar verenig.

Haar sjarme en elegansie het duidelik ’n snaar by lesers aangeraak, wat haar ’n meer as waardige wenner maak.

Behalwe vir die gesogte titel, stap Amoré en JP weg met ’n heerlike pryspakket: ’n tweenag-wegbreek na Stonehenge in Parys, ter waarde van R4 840, waar hulle die geleentheid sal hê om as jong egpaar te gaan ontspan.

2026 Bruid van die Jaar

* Die 2026 Bruid van die Jaar-kompetisie het reeds afgeskop. Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Besoek Vaalweekblad se webtuiste ( vaalweekblad.com/bruid-van-die-jaar-2026) om hierdie jaar se inskrywings te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button