NewsNewsSport

Cobras ‘leer’ teen NWU studente

Die eerste wedstryd van die Presidentsbeker-wedstryd tussen die twee Vaal-spanne het vir puik aksie gesorg.

SASOLBURG – Die Cobras van die Sasolburg Rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld in die eerste kragtmeting van die Presidentsbeker-wedstryd teen NWU Vaal te staan gekom.

Sasolburg se tweede span moes met 0-42 die knie buig.

Die eerste spanne het mekaar goed opdraende gegee, en die spel was vir die grootste deel van die wedstryd baie gelyk.

Die studente het egter in die laaste tien minute van die wedstryd twee keer agter die doellyn gaan kuier om met 26-7 te wen.

Die Cobras voel egter hulle het goed gevaar en beskou dit nie sommer net as ‘n verloor nie, maar ook as ‘n les vir die toekoms.

Die Cobras se volgende wedstryd is op 11 April. Daar moet nog bepaal word of hulle teen VUT of Elsburg te staan sal kom.

(Die Cobras oefen Dinsdae en Donderdae van 18:30-20:00 by DP de Villiers-stadion).

Foto’s: Elsje Vermeulen

Nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.

Johan Smit van die Cobras se eerste span laat die bal loop in die kragmeting teen NWU Vaal.
Bjorn du Plessi en Inathi Mzilikazi van die Cobras probeer balbesit wen.
Thato Letshwao van die Cobras word deur die NWU verdedigers gestuit.
Anton Bothma en Sazi Sipondo kry ‘n NWU-speler aan die trui beet
Die NWU-spelers se verdediging was net so goed soos hul aanslag op die doellyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button