NewsNews

KI-kamerastelsels is motoriste se voorland

Behalwe vir uitstaande boetes, is daar nuwe tegnologie wat nou ook 'n impak op motoriste kan maak - outomatiese wetstoepassingstegnologie.

As jy dalk een van die miljoene Suid-Afrikaners is wat hierdie Paasnaweek die pad gaan vat vir ‘n lekker wegbreek, sal dit wys wees om eers seker te maak dat daar nie uitstaande boetes is wat jou pret kan bederf nie.

Sekere verkeersowerhede in SA span nou die gebruik van KI-aangedrewe kamerastelsels in wat oortredings soos selfoongebruik tydens bestuur, en die versuim om veiligheidsgordels te dra, kan opspoor.

Barry Berman, uitvoerende hoof van Fines SA sê baie motoriste reis onwetend met uitstaande boetes, wat hul reis kan bemoeilik of tot hoër kostes kan lei as dit onopgelos bly.

“Wetstoepassing neem aansienlik toe oor Paasfees, met meer gereelde padblokkades en roetine-ondersoeke na lisensies, voertuignakoming en uitstaande boetes. Baie motoriste besef eers dat hulle onafgehandelde boetes het wanneer hulle afgetrek word,” sê hy.

Hy voeg by dat onopgelosde boetes in sommige gevalle kan eskaleer na afdwingingsbevele of lasbriewe, wat ernstiger gevolge inhou as dit tydens ’n padblokkade opgemerk word.

Dit gebeur dikwels waar boetes nie ontvang is nie, of geïgnoreer is weens vrese vir fopberigte (scams).

Die gebruik van ’n geverifieerde platform soos Fines SA stel motoriste in staat om vinnig hul status by verskeie owerhede na te gaan en enige probleme op te los.

Berman beveel aan dat motoriste ’n paar eenvoudige stappe doen voordat hulle reis:

* Gaan na of daar enige uitstaande verkeersboetes is.

* Maak seker jou bestuurderslisensie en voertuiglisensieskyf is geldig.

* Maak seker dat jou voertuig padwaardig is.

* Beplan vir langer reistye om spoed te vermy.

* Vermy die gebruik van selfone tydens bestuur.

Motoriste kan hul status nagaan op geverifieerde platforms soos die Fines SA-portaal by FinesSA.co.za of die Fines SA-toepassing op iOS, Android en Huawei, wat hulle help om aan die reëls te voldoen in ’n toenemend digitale wetstoepassingsomgewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button