Local newsNews

Vertonings om na uit te sien by die ERT

Die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg beplan opwindende vertonings in die volgende paar maande. Lees meer...

SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater het verskeie vertonings in die pyplyn wat iets vir almal se smaak bring.

Klavier maestro Charl du Plessis. Foto verskaf/Etienne Rousseau Teater

Die eerste hiervan is Charl du Plessis se My Favourite Things. Charl is tuis op die ERT verhoog en sy vertonings roer altyd die emosies. Hierdie keer gaan hy van sy gunsteling klassieke stukke speel asook van sy ander gunsteling musiek, insluitend die Beatles.

Dié klavier maestro gaan ook aan die gehoor die geleentheid bied om hul gunsteling musiek te hoor, wat hy op die plek in ʼn klavierstuk sal omtower.

Kaartjies vir die vertoning op 19 April om 15:00 beloop R250 en R220 en kan bespreek word op seatme.co.za.

Ruhan du Toit. Foto verskaf/Etienne Rousseau Teater

In Mei bied die ERT twee vertonings van uiteenlopende aard. Die eerste is die bekende Afrikaanse sanger Ruhan du Toit wat al vele treffers agter sy naam het. Wie sal ooit sy hoendervleis weergawe van The Sound of Silence vergeet? Hierdie komende vertoning sal splinternuwe oorspronklike liedjies ten toon stel saam met ’n keur van geliefde klassieke treffers en ’n paar sorgvuldig gekose verrassings.

Kaartjies vir die vertoning op 9 Mei om 19:00 beloop R180 vir pensioenarisse en vroeë besprekings en R250 vir laatslapers. Gaan na https://www.seatme.co.za/tc-events/ruhan-du-toit-live-ert/ om kaartjies te bespreek. Pensioenarisse kan 071 686 7733 skakel vir besprekings.

James Grace tree saam met Carli Olivier en haar dansers van Compañía Sophia op. Foto: Etienne Rousseau/Facebook

Mei-maand word afgesluit op ʼn hoogtepunt met Café Flamenco. Die Vaaldriehoek se eie Carli Olivier, haar Compañía Sophia en die befaamde kitaarspeler, James Grace snoer weer kragte saam vir ʼn unieke en meesleurende Spaanse dans- en musiek vertoning.

Kaartjies vir die vertoning op 31 Mei om 15:00 is R150 – R180 per persoon en kan by https://www.seatme.co.za/tc-events/cafe-flamenco-2/ bespreek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button