Local newsNewsSport

Voormalige D.F hoofdogter ʼn hokkiester van formaat

Lekker om te spog met voormalige leerlinge van die Vaaldriehoek. Danielle Grobbelaar is nou 'n Vrystater, maar haar wortels iê in die Vaal.

VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F Malherbe is met reg trots op hul hoofdogter van 2022. Daniella Grobbelaar of dan Bobo soos almal haar in die laerskool geken het, is onlangs aangewys as die gesamentlike  beste doelskieter van die St. Mary’s toernooi.

Sy was deel van die C & N Sekondêre skool Oranje in Bloemfontein se eerste hokkiespan wat 2 – 0 in die eindstryd geseëvier het. Bobo, wat eers ‘n leerder aan die Hoërskool Garsfontein was, is tans ‘n trotse Oranjeniet, nadat sy in 2026, na Bloemfontein verhuis het. 

Sy geniet haar hokkie onder leiding van die bekende afrigter, Morné Odendaal, wie se sukses op en van die veld af, boekdele spreek.

Daniella en haar afrigter Morné Odendaal. Foto verskaf/Susan Bosch/Laerskool D.F. Malherbe Facebook

D.F Malherbe het op hul facebookblad gesê: “Ons het destyds al geweet dat sy nog groot dinge gaan bereik, toe sy al op laerskool, as lid van die Suid-Gauteng 0/13-hokkiespan verkies is en daarna vir drie jaar lank, Noord-Gauteng verteenwoordig het. In 2025 verwerf sy dan ook haar SA-kleure vir binnemuurse hokkie 🇿🇦.

“Bobo, DF is ongelooflik trots op jou suksesvolle hokkieloopbaan, uitsonderlike prestasies en die nederige persoon wat jy nog altyd is en bly. Dankie vir die voetspore wat jy nalaat.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button