NewsNews

Is jy gereed vir môre se Rocking the Vaal?

Die tyd het aangebreek! Rocking the Vaal gaan môre weer probeer om geskiedenis te maak met twee amptelike Guinness-wêreldrekordpogings.

VANDERBIJLPARK – Die twee pogings sluit in die grootste hoeveelheid pannekoek op een slag, met ‘n teiken van 30 000 porsies.

Die tweede poging is die grootste porsie chilli con carne, met ‘n beplande 3 000kg wat op die perseel voorberei gaan word.

Dit vind weer by die Emerald Resort & Casino plaas, en daar lê ‘n hele rits vertonings voor deur van die land se gewildste kunstenaars.

Die hekkie maak om 10:00 oop en die eerste vertoning is om 11:00.

Vertonings deur onder meer Die Heuwels Fantasties, Demi Lee Moore, Droomsindroom, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Irene-Louise van Wyk, Refentse en Adam Tas.

“Geleenthede soos Rocking the Vaal herinner ons aan hoekom tradisies belangrik is,” sê Kurt Darren.

“Dis tydens ‘n dag soos die dat herinneringe gemaak word, en ek is opgewonde om in 2026 deel van daardie ervaring te wees.”

Met sy voortgesette klem op deelname en vermaak word verwag dat Rocking the Vaal 2026 gesinne, gemeenskapsgroepe en besoekers van regoor Gauteng en verder sal lok.

Hier is so ‘n paar dinge om in gedagte te hou vir môre:

Water: Dit help altyd om ‘n bottel water byderhand te hê tussen al die feeskos deur.

Sonbeskerming: Die son kan warm word in Afrika, so onthou die sonbrandroom en ‘n hoed.

Gemaklike skoene: Op ‘n feesterrein stap mens gewoonlik baie meer as wat jy besef.

Van die kunstenaars wat op die verhoog gaan wees. Foto’s verskaf deur The Marketing Zoo:

Adam Tas
Refentse
Kurt Darren
Demi Lee Moore
Karlien van Jaarsveld
Droomsindroom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button