NewsNews

Vaalpark Primêr trots op hul eerstespan

Vaalpark Primêr se rugbyspanne is slaggereed vir hierdie jaar se rugbyseisoen, nadat hul rugbyspanne goed gevaar het op hul rugbytoere

VAALPARK – Die Aprilvakansie is tradisioneel die een vir rugby- en netbaltoere voordat amptelike ligaseisoene aanbreek.

Vaalpark Primêr se rugbyspanne het aan die 10de Jordania-Witteberg rugbytoernooi die Primêre Skool Jordania in Bethlehem deelgeneem.

Die toernooi is van 30 Maart tot 2 April gehou. Saam met Vaalpark Primêr en Jordania was daar spanne van Laerskool Lichtenburg, Laerskool Wonderboom, Laerskool Stephanus Roos, Welkom Volkskool, Laerskool Parys en Noordskool by die toernooi betrokke.

Op hul Facebookblad het Vaalpark Primêr gesê: “Ons is veral trots om te deel dat ons 1ste span onoorwonne deur die toer gegaan het. Dit is ‘n besonderse prestasie wat hul harde werk en toewyding weerspieël.”

Die skool beskou die toer elke jaar as ʼn hoogtepunt op hul rugbykalender omdat dit geleenthede skep vir groei, spanbou en kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button