NewsNews

Guinness-rekord sneuwel by Rocking the Vaal

GTCOC se fees weer 'n rasende sukses.

VANDERBIJLPARK – Rocking the Vaal het die naweek sy naam gestand gedoen toe hy die Vaaldriehoek tot ‘n stilstand geruk het.

Selfs die weer het saamgespeel. Hoewel die kwik die hoogte ingeskiet het, was die feesgangers gewapen met gemakstoele sambrele en lafenis vir die kele.

Adam Tas, Refenste, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld om net ‘n paar kunstenaars op te noem het die feesgangers waarde vir hul geld gegee.

Refentse en Adam Tas jam saam tydens die fees.

Die Golden Triangle Chamber of Commerce wat die fees reel het daarin geslaag om sowat 29 000 pannekoeke in 8 ure te bedien. Die vorige rekord van 13 000 wat in die VSA opgestel is, is verpletter.

Cooler as cool!
Karlien van Jaarsveld laat waai op die verhoog.
Demi Lee Moore was een van die feesgangers se gunstelinge.
Irene-Louise van Wyk plaas haar handtekening op ‘n aanhanger se voorkop.
Die beste sitplek in die huis!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button