NewsNews

Koeler temperature voorspel vir die week

Alhoewel die oggende koeler is, het die son nog baie byt deur die dag gehad. Volgens die weervoorspelling is koeler weer op hande.

VANDERBIJLPARK – Saterdagmiddag het die son nog sekuur korrel gevat as mens dit te lank buite gewaag het.

Sondagoggend was redelik warm. Rondom middagete het die wolke saamgepak en die een reënbui na die ander het oor die dorp uitgesak.

Nie aldag dat die Hoëveld in Herfstyd sulke lekker buie reën kry nie. Pure genade water.

Waar die temperature die afgelope week nog aan 30°C gehap het, lyk dit asof dit in die volgende 10 dae heelwat koeler gaan wees.

Donderstorms word vir Maandag en Vrydag voorspel.

Die maksimum temperature vir die week is as volg: Maandag (18°C), Dinsdag (22°C), Woensdag (20°C), Donderdag (23°C), Vrydag (21°C) en Saterdag (22°). Dis volgens Google Weather.

Dalk tyd om die wintersklere so stadig maar seker nader te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button