In die wêreld van Afrikaanse musiek doen Kurt Darren dit al vir jare.
Soms word daar oor hom gespot, maar die waarheid is dat hy reeds sedert die middel-90’s, toe hy die eerste keer opslae begin maak het, gevorder het tot een van die bekendste name in Afrikaanse pop.
Sy sukses spruit uit treffers, meestal energiebelaai en maal in jou kop of jy oorspronklik van die liedjie gehou het of nie.
Onder sy nuutste treffers het Hallo my maatjie opslae gemaak, terwyl “6 7” nou weer ‘n groot besprekingspunt is. Laasgenoemd ontlok steeds gemende reaksies op sosiale media, wat in baie opsigte Kurts se sukses, asook die liedjies self, juis interessant maak.
Maar wat beteken “6 7” nou eintlik?
Kurt Darren se liedjie “6 7” word beskryf as ‘n nostalgiese Engelse snit wat fokus op kinderherinneringe, die tuisdorp en die verlange om weer onbesorg soos ‘n kind te voel.
Die idee spruit glo uit ‘n gewilde sosiale media “6 7″- uitdaging.
Die “6 7”-uitdaging is ’n virale sosiale media-verskynsel wat selfs in Suid-Afrika op TikTok onder Generasie Alpha ontstaan het.
Dit is hoekom dit vir die ouer generasies niks beteken nie en dis moeilik om vatplek daaraan te kry.
Maar onder die jonger generasies is dit nie net syfers nie. Dit het ‘n spesifieke kulturele betekenis.
Dit is ‘n manier om te kenmerk dat iets verwerp word. “”Nee,” “hou op,” of “dis genoeg.”
As iemand onsin praat of ’n situasie raak ongemaklik, sal iemand dalk ’n “6 7” laat val om die gesprek te beëindig. Dit word ook meestal ritmies herhaal.

“6 7” se oorspronklike gebruik
Die beskrywing kom oorspronklik uit die Amerikaanse basketbal-kring wat spelerhoogte beskryf.
“6 7” is die hoogte (ses voet, sewe duim), wat beskou word as die perfekte lengte vir ‘n moderne, professionele basketbalspeler.
Dit is sowat 2.01 meter en word beskou as die ideale hoogte vir ’n Small Forward of ’n Wing-speler.
Die lengte maak dit vir die spelers moontlik om naby die ring te verdedig, terwyl hul steeds rats genoeg is om die bal te hanteer.
Daar het julle dit nou! Baie sal dus nou kan “6 7” sê as hulle die liedjie hoor, maar Kurt het dit reggekry om ‘n sosiale trend in ’n nasionale radiotreffer te omskep.
