NewsNews

Verdagtes vasgetrek met 12 skaapkarkasse in motor

Hoewel die beamptes nie die diefstal en slag van die vee kon voorkom nie, is die verdagtes suksesvol vasgetrek.

Die SAPD Fezile Dabi-distrik se Infrastruktuurtaakspan het vier verdagtes tussen die ouderdomme van 43 en 49 in hegtenis geneem in verband met ‘n voorval van veediefstal naby Viljoenskroon.

Die lede van die Kroonstad-infrastrutturspan het op 9 April omstreeks 20:00 inligting ontvang oor individue wat na bewering beplan het om skape op ‘n plaas langs die Vredefortpad te steel.

Die inligting is onmiddellik opgevolg en ‘n fnuikoperasie is uitgevoer deur die taakspanne.

Op Vrydag, 10 April omstreeks 05:30, het lede ‘n verdagte bakkie sonder registrasienommers op die R76 naby Viljoenskroon voorgekeer, waar vier mans in besit van 12 skaapkarkasse gevind is.

Verdere ondersoek het die lede na die plaas gelei waar die skape gesteel is, waar ‘n bykomende vier skaapkarkasse gevind is.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal.

Van die skaapkarkasse wat in die motor gevind is. Foto: SAPD
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button