NewsNews

Chuffing ‘n gevaarlike ‘speletjie’ vir tieners

Daar is 'n nuwe, baie gevaarlike tendens genaamd chuffing, wat onder veral Gautengse skoolleerlinge kop uitgesteek het.

VANDERBIJLPARK – Chuffing behels die opsetlike inaseming van die droë chemiese poeier uit brandblussers.

Dit het reeds by skole in Johannesburg plaasgevind. Hoewel voorvalle hiervan in die Vaal nog nie voorgekom het nie, word ouers gemaan dat chuffing deur groepsdruk en sosiale media-uitdagings aangevuur word.

Ouers word aangeraai om met hul kinders oor die gevare van die “speletjie” te praat en dop te hou vir simptome soos erge hoes en poeier-oorblyfsels op klere.

Die poeier in droë chemiese (ABC) brandblussers is tipies mono-ammoniumfosfaat of natriumbikarbonaat en beslis nie vir menslike inaseming nie.

Dit hou ernstige gesondheidsrisiko’s in, onmiddelik en langtermyn.

Gesondheidskomplikasies sluit in:

Asemhalingsnood: Erge hoes, kortasemheid en die moontlikheid van longontsteking.

Neurologiese effekte: Aanvalle (stuiptrekkings) en potensiële breinskade.

Fisiese skade: Die poeier kan chemiese brandwonde aan die keel en longe veroorsaak.

Kardiovaskulêr: Onreëlmatige hartklop of hartstilstand.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste (EMS), kan inaseming dodelik wees.

Veiligheidsadvies

Indien poeier ingeasem word, moet die persoon onmiddellik geneem word waar daar vars lug is.

As simptome voortduur of as ’n groot hoeveelheid ingeasem is, moet mediese hulp onmiddellik gesoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button