NewsNews

Bruide genooi om gratis deel te neem

Ons wil graag met die Vaal (en omliggende dorpe) se nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 trou, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Hier is van die mees onlangse inskrywings.

André en Chanél Nagel van Meyerton is op 4 April getroud.
Janitha en Stefan Coetzer van Vanderbijlpark is op 3 Januarie getroud.
Harry en Luanique Littleton van Meyerton is op 28 Februarie getroud.
Simoné en Jurgens Crowie van Vanderbijlpark is op 14 Maart getroud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button