Mei vertonings by die Etienne Rousseu Teater
Die Etienne Rousseau Teater word deur kunstenaars beskou as een van die bestes in die land en in Mei is daar weer van die beste vertonings.
SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater bied twee opwindende vertonings aan in Mei.
Saterdag, 9 Mei tree die sanger Ruhan du Toit op. Nie net sal hy van sy nuwe liedjies sing nie, maar ook ʼn keur van sy geliefde treffers.

Hy het ook ʼn paar verrassings vir die aand in die mou. Die vertoning beloof om vermaak uit die boonste rakke te verskaf met Ruhan wat weet hoe om almal met sy unieke sangstem in agt tale te bekoor.
“Musiek verbind harte,” sê Ruhan. “Ek sien daarna uit om nuwe liedjies te deel wat my reis weerspieël, terwyl ek ook weer gunstelinge bring wat gehore oor die jare leer liefkry het.”
Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by seatme.co.za. Bespreek vandag nog vir ʼn afslagprys.
Sondag, 31 Mei kan Vaaldriehoekers ontspan saam met ons eie Carli Olivier en James Gace met hul produksie Café Flamenco. ʼn Moet kyk vir al die Spaansedans aanhangers. Die vertoning begin om 15:00 en kaartjies is beskikbaar by seatme.co.za.

