Local newsNews

Valia fietsryer behaal eerste plek

Hoërskool Transvalia: "Baie geluk met hierdie puik prestasie, Shanique! Ons is trots op jou."

VANDERBIJLPARK – Die Hoërskool Transvalia se fietsryers is besig om opgang te maak. Die mees onlangste prestasie is die van Shanique Marx. Sy het aan een van die Gauteng-span se seleksie Criterium Racing-byeenkomste deelgeneem en uitstekend gevaar 

Volgens Hoërskool Transvalia se Facebookblad het sy eerste gekom in die junior meisies-afdeling en vierde algeheel onder die vroue.

Die Facebookblad verduidelik die wedrendag soos volg: “Kriteriumwedrenne, waar deelnemers op padfietse kort rondtes teen ’n hoë tempo voltooi, vereis uitstekende tegniese vaardighede en deursettingsvermoë. Dit maak hierdie tipe wedren uiters uitdagend en mededingend.

“Die roetes wissel gewoonlik tussen 4 en 6 km per rondte, en tydens Sondag se wedren moes Shanique 11 rondtes voltooi — ’n indrukwekkende prestasie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button