Local newsNews

Metsimaholo word van swak hulpbronbestuur beskuldig

AfriForum vra vrae oor die oormatige gebruik van kontrakteurs.

SASOLBURG – AfriForum het vrae aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die gebruik van kontrakteurs vir instandhoudingswerk aan riool- en padinfrastruktuur. Die organisasie meen dat ’n groter deel van hierdie werk deur munisipale werkers verrig kan word.

Inwoners van Sasolburg en omliggende gebiede word steeds gekonfronteer met diensleweringsprobleme, waaronder rioolstortings, vervalle paaie en swak straatbeligting.

Volgens AfriForum staan verskeie munisipale voertuie en stukke toerusting intussen ongebruik weens probleme soos vervalde lisensies en pap bande.

“Belastingbetalers betaal uiteindelik die prys vir swak bestuur en die ondoeltreffende aanwending van munisipale hulpbronne.

Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit aanhou om kontrakteurs aan te stel terwyl bestaande kapasiteit nie behoorlik benut word nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

In sy skrywe versoek AfriForum duidelikheid oor die benutting van munisipale werkers, die instandhouding van voertuie en toerusting, die kriteria vir die aanstelling van kontrakteurs en stappe om onnodige uitgawes te beperk.

“Die geld wat aan kontrakteurs bestee word, kan eerder gebruik word om munisipale werkers verder op te lei en die nodige toerusting aan te koop om die werk in die toekoms self te doen,” sê Braam Muller, voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button