Local newsNews

Munisipale verkiesing – Moet ek weer registreer?

Is jy geregistreer on in die munisipale verkiesing te stem? Weet jy waar jy gaan stem? Hierdie naweek is jou kans om seker te maak jou besonderhede is reg.

VANDERBIJLPARK – 4 November is munisipale verkiesingsdag. Op die dag stem Suid-Afrikaners oor wie hul aan bevind wil hê in hul onderskeie munisipaliteite.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het 20–21 Junie verklaar as registrasienaweek. Dit beteken dat OVK-beamptes by al die stemlokale sal wees om mense te help om te registreer.

Die meeste politieke partye sal ook spanne buite hierdie lokale hê wat mense met die proses sal help.

Bring net jou groen ID of slimkaart ID saam.

Moet ek weer registreer?

Die eenvoudige antwoord is nee. Jy hoef nie weer te registreer nie. Dis wel belangrik dat jy sal seker maak jou registrasiebesonderhede is korrek.

Dit kan by enige van die stemlokale gedoen word. Dit wil sê die plek (meestal skole) waar jy in die vorige verkiesing gestem het.

Jy moet wel registreer as:

Jy sedert die vorige verkiesing 18 jaar oud geword en nog nie geregistreer het nie. Onthou, almal van 18 jaar en ouer mag stem. (Alhoewel, mens al van 16 jaar kan registreer.)

Jy sedert die vorige verkiesing jou adres verander het. In die munisipale verkiesing is dit belangrik dat jy in die omgewing waar jy bly stem.

Dus, as jy byvoorbeeld van Vereeniging na Vanderbijlpark verhuis het, dan moet jy weer registreer.

Jy het nog nooit gestem nie en wil hierdie jaar jou stem uitbring.

Jy kan ook op die ovk se webwerf registreer en jou besonderhede nagaan. Klik hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button