Local newsNews

Seniors, kom kuier saam met Jeugland

Insiggewende praatjies hou seniors besig.

VANDERBIJLPARK – Jeugland Dienssentrum bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die Buitepossaal aan vir seniors.

Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets.

Die byeenkomste word Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 aangebied. Die koste is R10 per persoon.

Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Julie 2026:

2 Julie 2026 –  ‘n Dissipel: Dink. Voel. Doen. (Spreker:  Ds Hannes van Deventer)

9 Julie 2026 – Droë oog sindroom (Spreker:  Donna vd Merwe)

16 Julie 2026 – Nagmaal (Spreker:  Dr Aubrey Burger)

23 Julie 2026 – Verstaan & verbeter jou postuur. Die impak van swak postuur op balans.  (Spreker:  Leandri du Plooy)

30 Julie 2026 –  Die ouer van ‘n ouer. (Spreker:  Linda de Villiers)

Alle seniors is baie welkom. Skakel Katinka Nel of Mignon Venter by

016 933 3995 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button