News

Gru-ongeluk op Barrageweg eis lewens

Die dodetal moet nog bevestig word.

VANDERBIJLPARK – Gille, verwronge metaal en liggame bedek met foeliekomberse het vanoggend ’n toneel van verskrikking op Barrageweg geskets nadat ’n verwoestende botsing tussen ’n Greyhound-bus en ’n minibustaxi verskeie lewens geëis het.

Die gru-toneel op Barrageweg. Foto: Sifiso Jimta


Die tragiese ongeluk, wat naby die The Palms Shopping Centre plaasgevind het, het verkeer tot stilstand gebring terwyl nooddienste, polisie en reddingspanne na die toneel gehaas het.


Volgens inligting tot Vaalweekblad se beskikking was die Greyhound-bus onderweg na Vereeniging toe dit met ’n minibustaxi gebots het wat probeer het om in Louis Trichardt Boulevard in te draai.

Die impak het na bewering veroorsaak dat die busbestuurder beheer verloor het, waarna die bus omgeslaan het.


Hartverskeurende tonele het afgespeel terwyl paramedici geveg het om lewens te red, terwyl verskeie liggame langs die pad onder komberse gelê het.

Talle beseerde pendelaars is na plaaslike hospitale vervoer vir behandeling en observasie.


’n Groot polisieteenwoordigheid, insluitend lede van die Vanderbijlpark en die Gauteng-eenheid vir ongelukondersoeke, was op die toneel terwyl ondersoekers probeer vasstel het wat tot die noodlottige botsing gelei het.


Owerhede het nog nie ’n amptelike verklaring uitgereik of die aantal sterftes en beserings bevestig nie, ondanks verskeie navrae deur Vaalweekblad.


Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy terwyl nood- en ondersoekwerk voortduur.


Hierdie is ’n ontwikkelende storie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button