Local newsNews

Valies pronk by Melomaan Toekennings

Die Vaaldriehoek se kunstenaars het weer geskitter by hierdie jaar se Melomaan Gala-toekenningsaand.

Die Melomaan Gala-toekenningsaand 2026 het Saterdag in Alberton plaasgevind. Onder al die genomineerdes vir die onderskeie kategorieë was daar vier musieksterre van die Vaaldriehoek.

Hul harde werk is beloon en tussen Volandie Verster, Elze Rose, Anne-Marie de La Rey en Caitie Rock het hul met ses toekennings weggestap.

Anne-Marie de La Rey van Vanderbijlpark met haar Meolmaan Toekenning. Foto: Anne-Marie de La Rey/Facebook

Yolandie Verster is bekroon vir haar ballade, Engel aan my sy, terwyl Anne-Marie de La Rey met Pokkellyf die humor afdeling gewen het.

Caitie Rock is as Kuntenaar onder 18 vir haar liedjie Desember Dagdroom aangewys. 

Elzé Rose van Vanderbijlpark het drie toekennings ingepalm. Foto: Elzé Rose/Facebook

Elze Rose het toekennings ontvang vir Gospel Liedjie van die jaar 2026 vir Genadetrein en Duo van die jaar 2026 vir God van Genesing saam met Franco Van Zyl. Haar grootste verrassing was egter toe sy ook as Vrouekunstenaar van die jaar aangewys is.

Elzé sê Gospel het geseëvier by Melomaan hierdie jaar. “Ek het sommer bewoë geraak,” vertel sy. Die opgewondenheid het Sondag voortgeduur.

Die naweek was vir Elzé en haar familie ʼn seën en sy vertel hoe die lied, God van Genesing die naweek ʼn werklikheid geword het.

Haar pa kon vir die afgelope vyf jaar nie sien nie. Hy het sig in sy een oog verloor tydens rugby jare gelede. Met die jare saam het katarakte oor sy ander oog gevorm wat hom blind gelaat het.

Elzé sê die familie het almal gehelp en haar pa kon uiteindelik by ʼn oogspesialis uitkom wat die katarakte verwyder het. Die naweek kon haar pa weer almal sien, vir die eerste keer in vyfjaar. “Dis was dus ʼn naweek van blessings en blessings,” vertel Elzé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button