News

Brandstofpryse daal vanaf môre

Motoriste kan hul asem skep ná maande van hoë brandstofkoste.

Suid-Afrikaanse motoriste kry vanaf Woensdag, 1 Julie, aansienlike verligting by die brandstofpompe nadat die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne die jongste brandstofpryse aangekondig het.

Die prys van 93-oktaanpetrol daal met R2,01 per liter, terwyl 95-oktaanpetrol met R1,96 per liter goedkoper word.

Die groothandelprys van diesel daal met tussen R3,14 en R3,59 per liter.

Volgens die departement is die verlaging hoofsaaklik te danke aan laer internasionale oliepryse en ‘n sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar. Die daling sou egter groter gewees het indien die Nasionale Tesourie nie die oorblywende tydelike brandstofheffingverligting beëindig het nie.

Die nuwe brandstofpryse tree Woensdag, 1 Julie, in werking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button