Sasol het die beheerde afbranding van gras by die Bongani Mabaso EcoPark in Vaalpark suksesvol afgehandel as deel van pogings om die risiko van groot veldbrande te verminder.
Die beheerde brand het deel gevorm van ‘n proaktiewe brandvoorkomingsprogram om oormatige droë plantegroei te verwyder voordat dit ‘n brandgevaar kon inhou. Die geleentheid is ook benut om kolbrandings uit te voer om veldtoestande binne die ekopark te bestuur.
Die operasie is deur Sasol-nooddienste uitgevoer in samewerking met nooddienste van ander nywerhede in die omgewing, asook die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit.
Beheerde brandings is ‘n belangrike hulpmiddel in veldbrandbestuur, aangesien dit help om brandbare materiaal te verminder en terselfdertyd gesonde veldbestuur onder noukeurig beheerde toestande te bevorder.