VANDERBIJLPARK – Selfde pret, selfde plek net ‘n ander datum! Die opening van die Vaalrivier se 2026-bootseisoen wat eerskomende Saterdag sou plaasvind is tot Erfensdag uitgestel.
Op 24 September gaan alle paaie na die Vaalrivier lei. Weens die weersvoorspelling van sterk winde is die organiseerders aangeraai om die Flotilla en feestelikhede uit te stel tot later vandeesmaand.
Volgens die organiseerders bly die tyd, ontmoetingsplek en reëlings dieselfde, met honderde bote wat na verwagting aan die vieringe op die Vaalrivier sal deelneem.
Die dag sal onder meer musiek, kinderpret, kompetisies en pryse insluit. Deelnemers word aangemoedig om Erfenisdag saam op die rivier te vier.
Die organiseerders sê die nuwe datum bied ook die geleentheid om die dag in ’n Suid-Afrikaanse gees te vier met bote, families en vlae op die rivier.
Vir meer inligting oor ontmoetingspunte en tye besoek www.vaalrivercommunity.co.za of stuur ‘n e-pos aan infor@vaalcimmunity.co.za.
‘n Geldige skipperslisensies is ‘n vereiste en bote moet aan veiligheids- en wetlike vereistes voldoen.
