Local newsNews

Neon pret en plesier by Casino

Oud en jonk het hulle gate uit geniet.

VANDERBIJLPARK – Die Aquadome by die Tsogo Sun Emerald Resort in Vanderbijlpark is Vrydagaand, 28 Augustus, in ’n neon-paradys tydens die Splash & Glow-geleentheid omskep.

Die ry vir die Neon-gesigverf was nooit leeg nie. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Ouers en kinders het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, met die binnenshuise waterpark as die agtergrond vir ’n aand van speletjies, musiek en vermaak.

Die program het onder meer neon-gesigverf, gloeispeletjies, ’n kristalsoektog, danskompetsies en ’n kompetisie vir die beste geklede deelnemer ingesluit.

Die ballontonnel het groot vermaak verskaf.

Kinders kon ook Avatar-karakters ontmoet en die kos- en lekkernystalletjies besoek. Daar was ook ‘n fotohoek en fotohok waar die besoekers lekker sosiale foto’s kon laat neem en druk.

Besoekers is aangemoedig om wit of neonklere te dra, wat tot die kleurvolle atmosfeer in die Aquadome bygedra het.

Splash & Glow was deel van Tsogo Sun Emerald Resort se vermaaklikheidsprogram en met die somer om die draai gaan daar nog baie lekker aktiwiteite hier plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button