Local newsNewsNews

Lewensligsentrum geniet hul 4×4-dag

Die inwoners van die Lewensligsentrum sien elke jaar uit na hul 4x4-dag en hierdie jaar het hul dit weer baie geniet.

VANDERBIJLPARK – Hulle het lank die dae afgetel. Die groot dag het uiteindelik op 13 November aangebreek, en die inwoners van die Lewensligsentrum was gereed.

Onder leiding van Klippies Kritzinger is die inwoners, almal geklee in spesiale swart T-hemde, in die 4×4-voertuie opgehelp. Onder begeleiding van die Emfuleni-verkeersafdeling het die lang stoet na ’n plaas buite Vanderbijlpark vertrek.

Die 4×4 voertuie is gereed vir die groot uittog. Foto: Klippies Kritzinger

Op die plaas het die vure reeds gebrand. Die Liggies is eers op ’n 4×4-roete geneem. Daarna het die groot feesvieringe begin. Almal het hul koeldrank en hamburgers geniet.

Klippies het ná afloop van die dag gesê: “Dankie, Liggies, dat julle ons lewens verryk met julle liefde en dankbaarheid.”
Verskeie besighede en inwoners het weer mildelik bygedra om die dag ’n sukses te maak. Hulle het alles van papierborde tot T-hemde geskenk en 4×4-voertuie beskikbaar gestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button