PawnWorx – jou vertroude vennoot as die geld knyp
Voertuie en motorfietse kan ook hier verpand word
Die lewe werk mos so… net wanneer jy dink jou geldsake is mooi in orde, dan gebeur iets wat die mat onder mens uitruk. Jy of ‘n geliefde het onverwags geld nodig vir ‘n operasie, jou kind moet op ‘n duur skooltoer gaan, of jou kontantvloei draai net skielik vas… In sulke tye van geldnood is daar gelukkig betroubare ondernemings soos PawnWorx wat jou sal bystaan en onmiddellik kontant aan jou beskikbaar sal stel as jy enige van jou waardevolle artikels wil verpand, ruil of verkoop.
Marthinus Enslin is die eienaar van PawnWorx, wat al byna tien jaar bestaan. Marthinus kom uit een van die Vaaldriehoek se ou sakefamilies, wat dekades se ervaring in die bedryf het. Hy is van jongs af geskool in sakebeginsels soos eerlikheid en bogemiddelde kliëntediens. Met PawnWorx se uitstekende rekord het dit deur die jare bekend geword as ‘n betroubare onderneming waar daar met empatie na elke kliënt se omstandighede gekyk word.
PawnWorx het vandag takke in Vanderbijlpark sowel as Vaalpark, Sasolburg. Hier kan jy byna enige hoëgehalte toerusting koop, verkoop of verpand – alles van meubels, toebehore soos wasmasjiene en skottelgoedwassers, kragopwekkers, gereedskap en elektroniese artikels soos selfone, skootrekenaars en vele meer. Alle items wat deur PawnWorx aangekoop word, word eers getoets om seker te maak dit funksioneer reg, want hulle doen nie self herstelwerk nie. Deeglike toetse word ook weer gedoen wanneer dit verkoop word sodat kliënte seker kan wees hulle kry ‘n kwaliteit-artikel in goeie werkende toestand.
Jy kan ook jou voertuig of motorfiets hier verpand. Die terugkooprente word volgens ‘n skaal uitgewerk en PawnWorx is trots daarop dat hulle die beste rente in die land aanbied. Kom gesels gerus met Marthinus en sy personeel en stel hul belofte op die proef!
Die Vanderbijlparktak se adres: Hoek van Frikkie Meyer-boulevard & General Bothastraat, Vanderbijlpark. Tel: 016 933 7879.
Die Vaalpark/Sasolburgtak se adres: President Swartstraat, Tharina Sentrum, Winkel 10, Vaalpark, Sasolburg. Tel: 016 971 1892.
Algemene WhatsApp-nommer: 066 541 1143.
Kliek hier om PawnWorx se Facebookblad te besoek: https://www.facebook.com/pawnworxvaal?mibextid=2JQ9oc






