Local newsNews

KYK: Motorfietsenjins brul vir Sheba die tier

Honderde motorfietsryers het Sondag 26 Februarie 2023 aan ’n massarit vanaf die “Blockhouse”-vulstasie op die R59 tot by die Walkerville Landbou Skougronde gery om bewustheid te skep rondom die lot van wilde diere, soos tiere, wat deur mense aangehou word.

WALKERVILLE. – Dit volg na die tragiese dood van Sheba, ‘n tierwyfie wat in Januarie van ’n kleinhoewe in Walkerville ontsnap het, en ’n paar dae later deur haar eienaar van kant gemaak is nadat sy verskeie diere en ’n mens aangeval het.

Bewusmaking is tydens die rit geskep rondom diere wat op ’n soortgelyke wyse aangehou word en fondse is ook tydens die rit ingesamel vir Four Paws, ’n dierewelsynsorganisasie.

Die organiseerder, Guy Mylchreest, stigter van die 45’s-motorfietsklub in Suid-Afrika, sê hy is beïndruk met die hoeveelheid bikers wat opgedaag het.

Ons het ‘n groot lawaai gemaak en ons teenwoordigheid laat voel,” vertel hy.

Mylchreest sê hoewel hulle gehoop het om meer geld in te samel besef hulle dat dit tans maar swaar gaan met die land se ekonomie.

Die mense het gegee wat hulle kon, uit hul harte uit,” sê hy.

Kos is ook tydens die motorfietsrit vir ‘n plaaslike skuiling vir diere ingesamel.

Guy Mylchreest, die organiseerder van die massarit, spreek motorfietsryers toe vanaf ‘n bakkie. Foto: Christiaan Cloete
Honderde motorfietsryers het aan die massarit deelgeneem. Foto: Christiaan Cloete
Sheba die tier is nou dood, maar sy het diep spore in mense se harte getrap. Foto: Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button