Hierdie week se Vaalweekblad is weer van hoek tot kant gepak met interessante nuus en gebeure in die Vaal.
Maak kennis met CJ van der Merwe (8) wat onlangs ‘n opehartoperasie gehad het.
Hoor hoe gaan dit met Gibbs wat verlede jaar saam met ‘n vriend in ‘n motorongeluk was.
In my rubriek, Ek sê maar net, beland ek onverwags weer in 1988 nadat ek ‘n ou opstelboek in my kas ontdek het.
En dan is daar die foto’s van die graad 1’tjies wat ons by verskeie skole geneem het.
Kyk ook uit vir ons nuwe kompetisie. Slegs in Vaalweekblad, beskikbaar vanaf 19 Januarie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
