Local newsNews

Klein jakkalsies nekom gedraai by Droomplaas

Bederf was die wagwoord tydens 'n Willem Botha Make Up Masterclass wat deur Aldila Beyond Wellness aangebied is.

VANDERBIJLPARK. – Soms het ‘n vrou nodig om haarself op te dollie, te vergeet van die klein jakkalsies wat knaag en net te ontspan om weer die mooi om en in haar te kan raaksien en te waardeer.

So ‘n bederfgeleentheid is Saterdag, 6 April deur Aldila Geldenhuis en haar bekwame span van Aldila Beyond Wellness by die Droomplaas Wedding & Function Venue in die vorm van ‘n Willem Botha Make Up Masterclass aangebied.

Willem Botha, Nadine Potgieter (links) en Aldila Geldenhuis. Foto’s: Magdel van Rensburg 

Om te verseker dat elke vrou wat die geleentheid bywoon spesiaal en afgeskop. gewaardeer voel, is elkeen met hul aankoms persoonlik na hul sitplek begelei waar ‘n geskenkpakkie gevul met uitgesoekte aromaterapieprodukte, vervaardig deur Aldila, ontvang is. Van geselligheid en lag was daar in oormaat en is die saal gevul met opgewondenheid en afwagting vir die Willem Botha Make Up Masterclass. Aan talent is daar geen tekort by die immergewilde Botha nie.

Nadine Potgieter word deur Willem Botha grimmeer.

Voordat hy die gaste met sy grimeertegnieke betower en verder met sy pittige sêgoed en skerp humorsin vermaak het, het hy die geleentheid met ‘n kort vertoning Gedurende die grimeersessie het Botha op Nadine Potgieter, een van die gaste, gedemonstreer hoe om grimering aan te wend en praktiese wenke gedeel om te sorg dat die grimering heeldag vars en pas aangewend voorkom.

Marchia Kruger word deur Willem Botha opgedollie.

Hy het ook gewys wat is nodig vir ‘n gemaklike alledaagse grimeerroetine, asook hoe enige vrou haarself kan grimeer om soos ‘n filmster te lyk, gereed om op die voorblad van ‘n glanstydskrif te verskyn. Beslis ‘n ongelooflike bederfdag wat dié dames beslis nie gou sal vergeet nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button