Local newsNews

Gautrans versoek om Kruising van die Dood te beveilig

Die Kruising van die Dood eis 24 lewens sedert 2022

VANDERBIJLPARK. – Die VF Plus het volgens raadslid Gerda Senekal Gautrans versoek om die R57- en R42-kruising in Vanderbijlpark te beveilig om motorongelukke te verminder en lewensverlies te voorkom.

Die gevaarlike kruising staan ook as die ‘kruising van die dood’ onder die gemeenskap bekend. Sover die VF Plus kon vasstel het 24 mense al sedert 2022 hul lewe by dié kruising verloor en talle is ernstig beseer.

In die jongste voorval het Gerbrandt Ferreira (34) en sy ma Magda (63) oor die naweek gesterf ná ʼn botsing met ʼn vragmotor.

Die party het in ʼn skrywe aan Gautrans gevra vir die oprigting van oorhoofse ligte, padtekens wat aandui dat dit ʼn hoë ongeluksone is en die aanbring van betonriffels op die padoppervlak om motoriste te dwing om spoed te verminder.

Die party het ook gevra dat meer verkeerspolisielede na die kruising ontplooi word om voertuie wat nie stilhou nie, vas te vat.

Check Also
Close
 
Back to top button