News

Jannie du Toit bring Brel na die ERT

Ontdek weer die geniale musiek van Brel met Jannie du Toit se briljante vertolkings by die ERT

SASOLBURG. – Bekende Afrikaanse sanger, Jannie du Toit tree Saterdag, 11 Mei op in die Etienne Rousseau Teater (ERT) om 15:00.

In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar.

Jannie is dekades reeds ’n hoogaangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands.

Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later –  vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom in die vertoning na vore en is soos alle groot kuns, tydloos.

Kaartjies is beskikbaar by www.ertickets.com teen R200 pp en R180 pp vir persone ouer as 60 jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button